Maroen

#800000
Kastaiing (Eng. Chestnut)

Maroen is 'n donker bruinrooi [1] kleur wat sy naam kry van die Franse woord marron, of kastaiingbruin [1] van die Engelse "chestnut".[2]
Dit is ook sinoniem met die Italiaanse woord marrone en die Middeleeuse Grieks maraon.[3] Die Oxford English Dictionary beskryf dit as 'n "bruinrooi of klaret kleur"[3]

Vir die RGB-model wat vir kleure op rekenaarskerms en televisiemonitors gebruik word, kan maroen geskep word deur die helderheid van rooi met sowat die helfte te verminder.

Maroenkleurige eppoulette soos deur SAGD-offisiere gedra voor 1994.
  1. 1,0 1,1 Tweetalige Woordeboek. Bosman, van der Merwe & Hiemstra, 1964
  2. "Maroon". Princeton WordNet.[dooie skakel]
  3. 3,0 3,1 Shorter Oxford English Dictionary, 5de uitgawe (1973).

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search